Local newsNews
Brand by onbewoonde huis geblus
Verskeie rolspelers het hulp op die toneel verleen om te verhoed dat die brand na buurhuise versprei.
‘n Onbewoonde huis in Van Collerstraat het vroeër vanaand gebrand, en het die Ngwathe Brandweer en Nooddiens sowel as Thinus Jacobs met sy private brandweervoertuig, hulp op die toneel verleen.
Die brand is net na 20:00 geblus. Dit is nog onseker wat die oorsaak van die brand was.


Niemand is in die brand beseeer nie, maar was IMR Ambulansdiens op die toneel as voorsorgmaatreël. Bure in die omgewing van waar die huis gebrand het, het ook hul dank betuig teenoor Fanie Kruger van Security Master en die Sieberhagen-broers van Best View Fencing vir hulp wat verleen is.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



