NewsNews

Pensioenarisse – doen nou aansoek vir afslag

Pensioenarisse wat kwalifiseer vir korting op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar wat op 1 Julie 2016 begin het, moet onthou dat aansoeke vir die afslag gedoen moet word voor 31 Augustus. Om te kwalifiseer moet die applikant die eienaar van die eiendom wees en dit self bewoon, ouer wees as 60 jaar of ’n ongeskiktheidspensioen ontvang, en nie eienaar wees van meer as een eiendom nie. Die inkomste van die huishouding, dit wil sê die applikant en gade, moet minder wees as R6 207 per maand.

Kortings word as volg bereken:
Op ‘n inkomste van R0 tot R3 100 per maand – 100%; op ‘n inkomste van R3 101 tot R3 952 per maand – 40% en op ‘n inkomste van R3 953 tot R6 207 per maand – 15%.
Aansoekvorms vir die korting is by die munisipale kantore of Parys Gazette se kantore beskikbaar. Pensioenarisse wat hulp met die aansoek benodig, is welkom om rdl. Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus by 058 852 2041 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button