NewsNews

Bankkaart-diefstal – polisie waarsku

Die polisie waarsku Parysenaars weer dat bankkaart-diefstal steeds ’n groot probleem in die dorp is. Verskeie sake is die afgelope drie weke by die polisie aangemeld waar mense se bankkaarte gesteel is by die OTM, en geld dan by’n ander OTM uit die slagoffer se rekening onttrek is. Pasop dat mense nie jou aandag aflei …

Die polisie waarsku Parysenaars weer dat bankkaart-diefstal steeds ’n groot probleem in die dorp is. Verskeie sake is die afgelope drie weke by die polisie aangemeld waar mense se bankkaarte gesteel is by die OTM, en geld dan by’n ander OTM uit die slagoffer se rekening onttrek is.
Pasop dat mense nie jou aandag aflei nie en let op die volgende wenke:
* Hou ten alle tye ’n  ogie op jou kaart.
* Moet nooit vir iemand sê wat jou pinnommer is nie.
* Moenie jou kaart en jou pinnommer bymekaar bêre nie.
* Vermy swak verligte OTM’s.
* Sleutel net jou pin in wanneer die masjien dit versoek.
* Maak seker niemand hou jou dop terwyl jy jou pin insleutel nie.
* Staan naby aan die OTM en maak seker omstanders kan nie jou hand sien terwyl jy die pin insleutel nie.
* Maak seker jy hou jou hand oor die kaartgleuf om te verseker niemand neem jou kaart nie.
* Verlaat die OTM dadelik indien jy onveilig voel.
* Moet nooit hulp aanvaar nie – nie eens van ’n sekuriteitswag nie.
* Moenie toelaat dat iemand jou aandag aftrek terwyl jy ’n transaksie by ’n OTM doen nie.
* Maak seker die kaart wat jy gebruik is jou eie, voor en nadat jy ’n transaksie afgehandel het.
* Moet nooit jou geld by ’n OTM tel nie.
* Kanselleer jou kaart onmiddellik as dit verlore, gesteel of beskadig is of deur ’n  masjien teruggehou word. Moenie toelaat dat iemand anders die oproep namens jou maak nie.
* As een of twee OTM’s in ’n bepaalde gebied nie werk nie, is dit beter om nie na die naaste OTM in dieselfde gebied te gaan nie. Kitsbanke word gereeld gesaboteer om slagoffers na ’n bepaalde OTM te lei.
* Indien ’n  OTM of PVV-toestel beskadig lyk, die skerm niks vertoon nie, of dit lyk asof daaraan gepeuter is, moet jy dit nie gebruik nie.
* Verlaag jou daaglikse onttrekkingslimiet om te vermy dat misdadigers al jou geld steel indien hulle wel hul kloue op jou kaart kry.
Die belangrikste reël is om op ’n hoë gereedheidsgrondslag te wees terwyl jy ’n  OTM of PVV-toestel gebruik. Indien jy enigiets verdag opmerk of ongemaklik voel, vertrou jou instink en beweeg weg van die masjien af.
* Motordiefstal is ook steeds aan die toeneem en mense word baie ernstig gewaarsku om te alle tye hul motors te sluit. Parkeer liewer jou motor in die motorhuis of agter ’n hek wat gesluit is, as in die straat.
* Moenie waardevolle items in jou motor laat nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button