Derduisende se sekuriteitsopgraderings : Voormalige adjunkminister weer in Maart voor die hof
Die opgraderings is nie aan die parlement verklaar nie.
Thabang Makwetla, voormalige adjunkminister van Korrektiewe Dienste, sal weer op 19 Maart in die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof op ‘n klagte van korrupsie en bedrog verskyn waarna ‘n datum vir Makwetla se hooggeregshofverskyning na verwagting vasgestel sal word.
Die aanklagte spruit uit bewerings dat die sekuriteit by Makwetla se woning in 2015 deur BOSASA opgegradeer is teen ’n geraamde koste van R350 000, het Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag gesê.

Makwetla het na bewering versuim om hierdie opgradering oor ’n tydperk van vier jaar aan die parlement bekend te maak. Dit sou in stryd wees met sy wetlike en etiese verpligtinge ingevolge die Gedragskode vir Lede van die Parlement en die openbaarmaking van lede se finansiële belange, het die hof gehoor.
Navrae:



