News

Kuns- en kampvuur-ete saam met Koei

Trek aan jou jas, woltrui, warm broek of romp. Lekker serp om die nek, prettige mus op die kop, en selfs handskoene kan ook werk. Formeel of informeel. Die brak in tekkies en ’n  sweetpak, of die kat se snor met ’n  sigaar in ’n aandpak of aandrok. Wees die gestewelde kat, Liewe Heksie of …

Trek aan jou jas, woltrui, warm broek of romp. Lekker serp om die nek, prettige mus op die kop, en selfs handskoene kan ook werk. Formeel of informeel. Die brak in tekkies en ’n  sweetpak, of die kat se snor met ’n  sigaar in ’n aandpak of aandrok. Wees die gestewelde kat, Liewe Heksie of selfs Aspoestertjie – as jy wil.
’n Aantal geskenkbewyse wag op dié wat in die kollig kom. Portrette van die legendariese Koei asook ’n  standbeeld van Koei, tesame met ander werke van die plaaslike meesters, sal tydens die geleentheid op Saterdag 5 Augustus by die Dog & Fig Home Brewery (Kopjeskraalpad net buite Parys), ten bate van die DBV opgeveil word.
Al die geskenke in die vorm van honde bederfies, toegedraai met ’n kaartjie wat aan Koei vir haar tiende verjaardag ontvang word, sal aan die diere by Parys DBV geskenk word.
Kom deel in die pret, binne of buite, langs die kampvuur. Die tafel word met geurige sop, sjerrie, heerlike tuisgebakte brode, koek en kerse gedek.
Die koste is R90 per persoon en ’n  beperkte aantal kaartjies is beskikbaar by The Trading Post in Breëstraat, Parys.
Kom kuier saam tussen 17:00 en 18:00 waarna die amptelike verrigtinge sal begin.
Vir navrae skakel John Strijdom by 082 560 8879 of Willem by Dog & Fig by 076 180 6521.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button