Vivaldi se Vier Seisoene by Aardklop – jy kan wen
Antonio Vivaldi het sy Vier Seisoene in 1723 vir ’n strykorkes gekomponeer. Dié tydlose meesterstuk is saam met vier gedigte gepubliseer en daar word vermoed dat Vivaldi self die verse geskryf het. Nou het hierdie driestuks musikante die Vivaldi-werk op ’n unieke manier verwerk, sonder die bystand van ’n orkes. Die sonnette is spesiaal deur …

Antonio Vivaldi het sy Vier Seisoene in 1723 vir ’n strykorkes gekomponeer. Dié tydlose meesterstuk is saam met vier gedigte gepubliseer en daar word vermoed dat Vivaldi self die verse geskryf het.
Nou het hierdie driestuks musikante die Vivaldi-werk op ’n unieke manier verwerk, sonder die bystand van ’n orkes.
Die sonnette is spesiaal deur dr. Dawid de Villiers uit Italiaans in Afrikaans vertaal, word deur Joubert voorgedra en bind die vier musikale seisoene saam. Kom reis deur die jaargetye met woord en musiek by vanjaar se Aardklop Kunstefees in Potchefstroom.
Vivaldi se Vier Seisoene word uitgevoer met Schalk Joubert (baskitaar en voordrag), Petrus De Beer (viool) en Stanislav Angelov (trekklavier). Die musiekregie is gedoen deur Petrus de Beer wat ook as vervaardiger optree.
As jy ’n klassieke musiek liefhebber is, maak seker jy kry jou kaartjies vir die uitvoerings by die NG Kerk Miederpark op 4 Okt 11:00; 5 Okt 13:30 of 6 Okt 16:00. Die koste is R125 per kaartjie en is ideale gesinsvermaak. Die uitvoering duur 70 minute.
Kaartjies is by Computicket beskikbaar of skakel
Luna Paige by 082 859 2420. Daar is ook twee gratis kaartjies wat gewen kan word vir die vertoning. Die eerste leser wat reageer op die berig en Luna skakel by 082 859 2420 kom in aanmerking vir die prys van twee komplimentêre kaartjies vir die uitvoering.



