News
4 maande oue baba deur hond verskeur ’n Vier maande oue baba het gesterf ná sy deur ’n hond aangeval en verskeur is. Illustrasie foto Die noodlottige voorval het Saterdag in Kaapstad plaasgevind. Die baba is na ’n nabye hospitaal gehaas vir mediese behandeling na die pitbullterriër haar aangeval het. Sy het egter by die hospitaal …
4 maande oue baba deur hond verskeur

Illustrasie foto
Die noodlottige voorval het Saterdag in Kaapstad plaasgevind.
Die baba is na ’n nabye hospitaal gehaas vir mediese behandeling na die pitbullterriër haar aangeval het. Sy het egter by die hospitaal aan haar wonde beswyk.
Luidens berigte het niemand al eienaarskap van die hond geneem nie en daar heers onsekerheid rondom die presiese omstandighede van die voorval.
Gemeenskapslede het die hond glo grusaam aangeval nadat hulle van die voorval uitgevind het.
Volgens Huisgenoot is die voorval bevestig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



