NewsNews

Harte oop vir Kaapse waternood

Met die huidige waterkrisis, gaan talle mense in Parys maar ook Potchefstroom se harte uit na die mense in die Kaap. Verskeie Parysenaars het die afgelope week waterbydraes by Pick ‘n Pay afgegee wat reeds na die Kaap gestuur is. Potchefstromers het intussen ook besluit om deel te word van ’n projek om 12 000 …

 Meer inligting daaroor is op Facebook onder die naam Talita Cumi Outreach beskikbaar.

Ansie Johnsen, Delmari van Zyl, Cindy Purén, Adri Strauss en Cindy Colyn is van die gesigte agter die projek vir water vir die Kaap. Foto: Maryke van Heerden

Afsetpunte vir skenkings in Potchefstroom is by gemerkte plekke in die Mooirivier Mall en West Acres, Aardklopkantore (Molenstraat 69), Miederpark Spar, Obaro, Overland bottlestoor Waterberry, Overland bottelstoor Akker en Overland drankwinkel Potch.
Geldelike skenkings kan ook gemaak word by Absolutely Water in Potchefstroom wat dan 5 liter waterbottels daarmee vir die projek sal verskaf.
Die projek duur van 2 tot 17 Februarie, waarna Talita se span die water Kaap toe sal neem. Vir nadere besonderhede kan Ansie Johnsen by 082 876 0642 gekontak word.
Enige grootte bottels word ingesamel, maar vir logistieke redes word 5-liter bottels verkies.
Die bottels moet gemerk wees: Drinkwater (water vir menslike gebruik moet geseël wees), boorgat-, reën- of kraanwater.

Parysenaars wat ook inisiatiewe loods om water na die Kaap te stuur, kan gerus met Parys Gazette kontak maak sodat die publiek ingelig kan word waar en wanneer water afgegee kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button