
Onthou jy die baie gewilde “Jail a bail” projekte in Parys? Kom wees deel van die pret en neem deel aan vanjaar se Boetes, boeie en Borg ten bate van Vrystaat Versorging in Aksie. As jy só ‘n brief ontvang gedurende Julie is jy dalk een van die aangeklaagdes. Lees meer in hierdie week se Parys Gazette.
Liewe Aangeklaagde
MET HIERDIE SKRYWE VRA EK 5 MIN VAN JOU TYD ASB.
MAAK GEBRUIK VAN DIE GELEENTHEID OM AL JOU KOLLEGAS, VRIENDE, VRIENDINNE & FAMILIE TE BETREK OM TE HELP OM JOU BOETE OF BAIL TE BETAAL. SO KAN ELKEEN VAN HUL ‘N BYDRAE MAAK
Net ‘n kort oorsig om jou in te lig wat die VVA (Vrystaat Versorging in Aksie) se werksaamhede en die doel van ons fondinsamelings projekte behels.
Maatskaplike dienste:
Maatskaplike gevalle wat deur die 3 Maatskaplike werkers en 2 hulpwerkers hanteer word. Heelwat statutêre gevalle beloop tans 753 gevalle. Gevalle waar maatskaplike wekers gratis hulp aanbied is:
Toesigdienste vir kinders, assessering van kinders en gesinne, pleegsorg van 690 kinders, berading, terapie en selfs ouerskap planne vir beheer en toesig.
Sopkombuis:
Gedurende April is daar 702 etes in die VVA sopkombuis voorberei en uitgedeel
Mei is daar 810 etes .
Wat daagliks wissel van sop, brood, bredie, roosterkoeke ens. Soms is ons in die posisie om hul te voorsien van nagereg.
Sakpas Klerewinkel:
Klere skenkings word aangewend om ‘n stel klere per maand aan ‘n behoeftige te voorsien. Die klere in die winkel word ook aan die publiek verkoop teen minimale bedrag wat dan aangewend word om in ander behoeftes van behoeftiges te voorsien.
Stelle klere wat uitgegee is vir
April maand was 139
Mei maand was 156
Kospakkies:
Vrydae word kospakkies aan gesinne met kinders voorsien wat tans op 30 gesinne elke vrydag beloop. Dws met ‘n gesin van 4 beloop dit 120 persone elke vrydag wat iets te ete kry vir die naweek.
Skenkings:
Alle skenkings van bruikbare items word aan die publiek uitgedeel soos die behoefte hom voordoen en kan daar rekenskap gegee word van elke item wat inkom en uitgaan.
Aangesien die winter op hande is raak die behoefte asl groter.
Behuising:
Danie Fourie woonstelle word tans bewoon deur 13 inwoners waarvan die huur maksimum R520 pm beloop en Hanlu woonstelle se 2 slaapkamer woonstelle se huur is R1120 pm. Hierdie wooneenhede word deur die VVA Parys onderhou. Die inkomste hierop dek nie eers die munisipale rekening nie.
Vervoer
Bejaardes wat om hulp aanklop by die VVA word vervoer na dokters en sowel om inkopies te doen.
Indien persone verwys word vir rehabilitasie sentrums, hospitale ens, word hul op onkostes van die VVA geneem.
Huis Lerato
Hierdie huis het tans 6 kinders onder die sorg van Agnes. Hierdie kinders is wesies. Die huis is eiendom van die VVA wat dan ook verantwoordelik is vir die onderhoud van die woonhuis.
Nasorgsentrum
Die nasorgsentrum is op dieselfde erf as Huis Lerato waar Mnr & Mev Wesseloo die verantwoordelik op hul geneem het om te sorg dat hierdie leerlinge onder toesig van gekwalifiseerde persone onderrig word. Gratis etes word ook aan hul voorsien. Daar word tans 17 leerlinge akkommodeer.
Op ‘n daaglikse basis word die behoeftiges en behoeftes net meer. Ons by die VVA is net die tussenganger tussen jou en die behoeftige.
Hiermee wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om te sê: Baie, baie dankie vir jou bydrae. Dit word opreg waardeer.
Visie : ‘n Kwaliteit volhoubare welsynsdiens.
Missie: Die versorging, ontwikkeling en bemagtiging van mense in nood.
VVA groete
Sanette Boonzaier




