Local Election News

Net ure oor voordat Suid-Afrikaners na die stembus gaan

Stemlokale vir spesiale stemme is vandag oop tot 17:00.

Geregistreerde kiesers sal môre, Woensdag 4 November,stem in die landwye munisipale verkiesing. Stemdag is amptelik as ‘n publieke vakansiedag verklaar.

Vandag is die laaste dag vir spesiale stemme vir mense wie se aansoeke aanvaar is. Stemlokale sluit vandag om 17:00 en het die stemproses vandag tot dusver vlot verloop by stemlokale in Ngwathe wat besoek is.

Onthou as jy vir ‘n spesiale stem tuisbesoek geregistreer is, moet jy sorg dat jy by die adres is wat op jou aansoek aangedui is.

OVK-beamptes kan nie terugkeer na die adres as jy nie tuis was nie.

Die NG Parys-wes stemlokaal. Foto: Liezl Scheepers.
Die NG Parys-wes stemlokaal. Foto: Liezl Scheepers.

Wat moet jy weet van stemdag?

  • Stemlokale is Woensdag oop van 07:00 tot 21:00.
  • Keen kinders onder 18 word in stemlokale toegelaat nie.
  • Jy kan slegs stem by die stemlokaal waar jy geregistreer is.
  • Slegs Suid-Afrikaanse burger wat geregistreer is en 18 jaar en ouer is, sal kan stem.
  • Jy moet jou ID-dokument, slim ID-kaart of geldige identifikasie sertifikaat saamneem wanneer jy gaan stem.
  • Gestremdes kan hulp van OVK-beamptes in die stemlokaal versoek.
  • As jy ‘n fout op die stembriewe gemaak het, stel die voorsittende beampte in die stemlokaal in kennis voordat jy die stembriewe in die stembus gooi, sodat jy ‘n nuwe stembrief kan kry.
  • Maak ‘n duidelik X by die party/kandidaat van jou keuse op die stembrief om jou stem aan te dui.

Onthou dat jy drie stembriewe sal ontvang

  • ‘n Wykstembrief
  • Proporsionele stembrief (PR)
  • Distrikstembrief
  • Maak seker in watter stembus jy watter stembrief moet plaas.

Hoe werk dit by die stemlokaal

  • Jy sal gevra word om jou identiteitsdokument te wys aan die verkiesingsbeampte.
  • Jou besonderhede word op die kieserslys bevestig en jou naam afgemerk.
  • Jou duim word met ink gemerk.
  • Jy ontvang die drie amptelik gestempelde stembriewe. Maak ook seker dat dit wel gestempel is.
  • Maak ‘n duidelike X langs jou keuse op elke stembrief.
  • Vou die stembriewe toe en plaas dit in die gemerkte stembusse.
  • Daarna sal jy die stemlokaal verlaat.
Illustrasiefoto verskaf deur die OVK

Hier is die lys van partye wat op die stembriewe vir Ngwathe sal verskyn:

  • Aaron
  • AACUM (Active African Christians United Movement)
  • ACT (African Congress for Transformation)
  • ANC (African National Congress)
  • APC (African People’s Convention)
  • ATM (African Transformation Movement)
  • AMM (Afrika Mayibuye Movement)
  • CMPC (Civic Movement for Progressive Citizen)
  • DA (Democratic Alliance)
  • EFF (Economic Freedom Fighters)
  • FDCM (Fezile Dabi Civic Movement)
  • PAC (Pan Africanist Congress of Azania)
  • PA (Patriotic Allliance)
  • SACP (South African Communist Party)
  • UDF (United Development Forum)
  • VF+ (Vryheidsfront Plus)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button