NewsNews

Groot-perlemoen vonds op N1 gekry

Pluimpie vir polisie en verkeerslede.

Die departement provinsiale verkeer en die polisie se taktiese reaksie-eenheid van Parys, het verlede Woensdag beslag gelê op 45 sakke perlemoen.
Twee verdagtes van onderskeidelik 47 en 25 jaar, is in hegtenis geneem.
Die arrestasie volg nadat provinsiale verkeer ’n verdagte Toyota Quantum op die N1 naby die Kroonvaal-tolhek opgemerk het.
Die voertuig was onderweg na Gauteng.
Die hulp van die polisie is ingeroep, waarop beslag op die perlemoen met ’n  totale massa van 858,6kg gelê is.
Die mans is aangekla van die onwettige besit van perlemoen, sê polisiewoordvoerder, konst. Peter Kareli.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button