NewsNews

Eienaar van Amerikaanse veghond vertel sy kant van die storie

“My hond het ons net beskerm”

Hendrik Heymans en sy beste vriend Tyson. FOTO: Marianke Saayman

Hendrik Heymans en sy beste vriend Tyson. FOTO: Marianke Saayman

’n Man wat Donderdagaand (12 Julie) in hegtenis geneem is nadat sy Amerikaanse veghond ’n man gebyt het, sê sy hond het eintlik maar net hulle familie probeer beskerm.

Hendrik Heymans sê sy skoonsuster se twee dogters het Donderdagaand huis toe geloop toe hulle op die hoek van Retiefstraat en Beyers Naudélaan deur twee mans van ’n selfoon en tablet beroof is. Toe hulle by die huis kom om hulp te kry, het hy aangebied om saam met hulle polisiestasie toe te loop om ’n klag te gaan lê.

“Aangesien ons almal weet wat in die nag hier gebeur, kan ons nie meer alleen loop nie. Ek het toe my hond, Tyson, saam met ons laat stap,” sê Heymans.

Hendrik Heymans en sy beste vriend Tyson. FOTO: Marianke Saayman

Hendrik Heymans en sy beste vriend Tyson. FOTO: Marianke Saayman

Op pad na die polisiestasie het een van die meisies glo een van die rowers langs die pad herken. Haar kêrel, wat saam met hulle geloop het, het toe die rower gekonfronteer en daar het ’n onderonsie ontstaan.

“Tyson het seker aangeneem die man is besig om haar kêrel seer te maak en voor ek hom kon keer, het hy die man aan die been beetgehad,” sê Heymans.

“Hy het maar net sy mense probeer beskerm.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button