
Voortrekkers van Parys Voortrekkerkommando het Vrydag deelgeneem aan ‘n muntlegging ten bate van die Kankervereniging vir die Mara Theron Gemeenskapsprojek.
Met die projek wat vanjaar vir die derde jaar geloods is, is geld ingesamel waarmee die Oleo Kankersorgsentrum in Bloemfontein se kamers geverf, algemene herstelwerk gedoen is, en selfs die tuin netjies gemaak word.
Hierdie projek vorm deel van die gemeenskapsdiens wat die Voortrekkers doen.
‘n Pragtige gemeenskapsaksie waar ‘n groot verskil in die lewens van talle kankerpasiënte gemaak word tydens hul behandeling.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.