
Eskom het vanmiddag (Maandag 30 Julie) gewaarsku dat sy kragnetwerk onder druk is. Die rede – intimidasie by van sy kragstasies wat tans net met ‘n minimum werknemers moet klaarkom as gevolg van sloerende loononderhandelings tussen Eskom en die vakbonde.
Eskom het gesê sy kragnetwerk sal vanaand (Maandag 30 Julie) onder druk wees, weens van sy opwekkingseenhede by onder meer Matla, Koeberg en Arno-kragstasies wat tans van lyn af is.
‘n Vervoerband wat steenkool na die kragstasie voer, is by Matala stukkend gesny en Eskom vermoed sabotasie, het Eskom woordvoerder, Khulu Phasiwe, gesê.
Phasiwe het gesê minimum personeel kan Eskom se vermoë raak om genoeg krag te voorsien.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.