NewsNews

19 beseer in ongeluk by Modderdampad

Twee voertuie en ‘n motorfiets was vanoggend (6 September) in ‘nbotsing by die Modderdampad afdraai op die N12 betrokke. Negentien mense, waarvan 17 laerskoolkinders wat oppad skool toe was, is tydens die ongeluk beseer. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is die motorfietsryer in ‘n kritieke toestand na Potchefstroom Hospitaal vervoer vir verdere behandeling. “Die ander 18 pasiënte het slegs ligte tot matige beserings opgedoen. …

Twee voertuie en ‘n motorfiets was vanoggend (6 September) in ‘nbotsing by die Modderdampad afdraai op die N12 betrokke.

Negentien mense, waarvan 17 laerskoolkinders wat oppad skool toe was, is tydens die ongeluk beseer.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is die motorfietsryer in ‘n kritieke toestand na Potchefstroom Hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

“Die ander 18 pasiënte het slegs ligte tot matige beserings opgedoen. Hulle is ook op die toneel behandel waarna van hulle hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling,” het Meiring gesê.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

https://www.nbcarsales.co.za/
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button