NewsNews

Vriende los man agter na hy van bakkie afval

Vriende los man agter na hy van bakkie afval

JANNIE DU PLESSIS

VANDERBIJLPARK. – ‘n Man is vanmiddag, Saterdag, 29 September net voor 17:00 ernstig beseer toe hy volgens inligting van ‘n bakkie afgeval het, sy vriende hom probeer help het en toe agter gelos het en weggery het.

Die voorval het op die Barrageweg (R42) tussen die “kruising van die dood” en Alex padkafee gebeur. Mense wat verby gery het het die man in die pad sien lê en dadelik mediese hul ontbied. Volgens inligting was hy agter op ‘n bakkie en die bakkie het na die voorval spoorloos verdwyn.

Volgens ‘n betroubare bron het sy vriende, wat saam agter op die bakkie was hom aan die bene beetgekry. Sy gesig en skouers het egter op die teer gesleep en terwyl die voertuig beweeg het, het hulle hom gelos waar hy in die linkerbaan van die pad geval en bly lê het. Die bakkie en al sy insittendes het toe weggery. ER24 paramediese personeel het die man op die toneel gestabiliseer en na die Metsimaholo hospitaal in Sasolburg geneem vir behandeling.


‘n Ent terug by die Barrageweg (R42) en die Goue Hoofweg (R57) (“kruising van die dood”) was daar ‘n kort tyd voor die bogenoemde voorval, ‘n ongeluk tussen ‘n Mazda bakkie en ‘n Opel Corsa. Volgens die bestuurder van die bakkie het sy haar man wat op pad Kaap toe is, by die bus afgelaai in die dorp en op pad terug huis toe, was sy skuins agter die bus toe hulle by die robot weggetrek het. Die Opel, wat van Lochvaal se rigting op pad was, het na Sasolburg se rigting gedraai en teen die bakkie gebots. Die vrou en drie kinders in die bakkie het ligte beserings opgedoen. Die vier insittendes van die Opel het ook net ligte beserings opgedoen en van hulle is op die toneel behandel. Die SAPD, verkeer, en ER24 was op die toneel.

Die afglope tyd was daar heelwat ongelukke by die kruising aangesien die robot reeds weke buite werking is en bestuurders word gemaan om dit as ‘n vierrigting stop te gebruik. Mens moet veral in die nag baie versigtig wees aangesien die hele gedeelte pikdonker is in die nag en motoriste wat nie die area ken nie, nie gaan sien dit is ‘n robot.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button