NewsNews

Pa en seun (8) steeds in hospitaal na aanranding by Vyfhoek

Pa en seun (8) steeds in hospitaal na aanranding by Vyfhoek

Potchefstroom – ‘n Pa en sy agtjarige  seun is in die hospitaal opgeneem nadat albei vanoggend omstreeks  middernag tydens ‘n vermoedelike huisroof op die Vyfhoek plotte erg aangerand is.

Daar kon tot dusver bevestig dat albei steeds in die hospitaal is. Die seun is na bewering weens die aard van sy beserings na ‘n hospitaal in Johannesburg geneem. Die seun se ouma is ook tydens die rooftog beseer maar is al reeds uit die hospitaal ontslaan.

Volgens kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder,  het die ouma haar kleinkinders gehoor skree. Sy het dadelik gaan ondersoek instel waarna sy ‘n man in die gang aangetref het. Die man het haar herhaaldelik met ‘n voorwerp oor die kop geslaan. Sy het begin skree waarna die man gevlug het.

Volgens Myburgh, het die ouma met aankoms in die kamer waar haar seun en twee kleinkinders geslaap het haar 47-jarige seun en agtjarige kleinseun met erge gesig en kopwonde aangetref. Haar ander kleinkind, ‘n sesjarige dogtertjie is glo ongedeerd.

“Sover bekend is, is daar nog net ‘n bos sleutels wat vermis is. Dit blyk dat die verdagtes deur ‘n venster toegang tot die huis gekry het. Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof maar nog niemand is in hegtenis geneem nie. Dit blyk dat daar twee verdagtes by die misdaad betrokke was,” het Myburgh gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button