NewsNews

Rower kom met niks weg na hy matriekseun met mes steek

Rower kom met niks weg na hy matriekseun met mes steek

Potchefstroom – ‘n Rower het homself Maandagoggend misgis toe hy dink dat hy ‘n matriekseun van Volkies van sy selfoon gaan beroof.

Volgens die seun se pa, was sy seun op pad skool toe.

“Hy het kortpad gevat oor die treinspoor waar die man hom voorgekeer het,” vertel die pa. Volgens hom het die verdagte die seun se fiets vas gegryp waarna hy sy selfoon geëis het terwyl hy hom met ‘n mes gedreig het. Die matriekseun het sy man gestaan waarna ‘n bakleiery ontstaan het.

“Hy het hom ‘n paar goeie houe gegee,” vertel die seun se pa.

Tydens die bakleiery het die verdagte die seun gebyt en met ‘n mes gesteek. Volgens sy pa het dit gelukkig nie sy long deurboor nie. Die verdagte het gevlug sonder die selfoon wat hy wou roof. Die seun het sy pa gebel waarna hy hospitaal toe is. Hy is oornag in die hospitaal gehou en het Dinsdagmiddag weer huis toe gegaan. Die seun is vandag (17 April) weer terug by die skool.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button