Volle akkreditasie vir NWU se LLB
Die Raad van Hoër Onderwys (RHO) het onlangs aangekondig dat die NWU se BA Regte- (LLB-) program volle akkreditasie ontvang het.
Die Raad van Hoër Onderwys (RHO) het onlangs aangekondig dat die NWU se BA Regte- (LLB-) program volle akkreditasie ontvang het.
Die RHO se besluit hou verband met die voorlegging van die NWU se Vorderingsverslag in Oktober 2018.
Prof Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, het gesê: “Ons het van die begin af ʼn toegewyde span gehad wat die geïdentifiseerde tekortkominge hanteer het. Ek was deurentyd vol vertroue dat, deur hierdie punte te
hanteer wat deur die RHO uitgewys is, die NWU ʼn selfs beter LLB-graad kan lewer wat nie net vir studente nie, maar vir die land tot voordeel sal wees. Ons standpunt was nog altyd dat die strategie wat ons geïmplementeer het, geskik is om dit wat die RHO uitgewys het, te hanteer. Ons strategie is om die NWU te posisioneer as ʼn unitêre instelling van voortreflike
akademiese uitnemendheid met ʼn verbintenis tot maatskaplike geregtigheid. Hierdie strategie word versterk
deur ʼn struktuur wat voorsiening maak vir ʼn enkele uitvoerende dekaan wat verantwoordelik is vir ʼn fakulteit wat oor al drie kampusse van die NWU strek. Dit verseker dat programme oor al die kampusse ten volle belyn en bestuur word,” het hy gesê.
Volgens Kgwadi moet die bydrae wat gelewer is deur die adjunk-visekanselier vir onderrig en leer, prof Robert Balfour, en die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Regte, prof Stephen de la Harpe, asook die bestuur en die fakulteitspan om die akkreditasieproses te bestuur, moet geprys word.
“Die harde werk van elke lid van die
fakulteit, asook ander rolspelers by die universiteit, kan nie oorbeklemtoon word nie. Hul ywer is ʼn bewys van die universiteit se toewyding om kwaliteitonderrig te verskaf aan die gemeenskappe wat dit dien, beide nasionaal en verder,” het hy gesê.




