NewsNews

Een dood en twee kritiek na botsing op N12

Een dood en twee kritiek na botsing op N12

‘n 62-jarige man is dood en twee mense is kritiek na ‘n botsing op 22 April op die N12.

“Paramedici was ongeveer 20:20 op die toneel. ‘n  57-jarige man en  60-jarige vrou moes deur die brandweer uit hulle voertuig uitgesny word. Albei is in ‘n kritieke toestand per helikopter na ‘n privaat hospitaal in Lenasia geneem. Ongelukkig was daar niks wat vir die 62-jarige man gedoen kon word nie. Hy dood is op die toneel verklaar,” het Ross Campbell, ER24 woordvoerder  in ‘n verklaring gesê

Volgens hom is drie ander mense ook tydens die ongeluk beseer.

Die drie ander pasiënte is behandel  waarna hulle deur ander ambulansdienste na die Potchefstroom hospitaal geneem is.

Die polisie en plaaslike verkeersdienste was byderhand om verdere ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button