NewsNews

Hoërskool Driehoek se nuwe brug amptelik geopen

Beseerde Cheverné begin ook ‘n nuwe hoofstuk op haar pad na herstel

VANDERBIJLPARK. – Die Hoërskool Driehoek se nuwe brug is voltooi en vandag, Dinsdag 23 April amptelik geopen.
Vir Cheverné Duvenhage, een van die tieners wat baie erg in die brugtragedie beseer is, begin daar ook nou ‘n nuwe hoofstuk in haar herstelpad deurdat sy uiteindelik terug is by die huis.
Haar ma, Nicola, het Donderdag, 18 April, dié brief op Overvaal Stereo se Facebook geplaas om te vertel hoe dit nou met haar moedige meisiekind gaan:

Hallo almal… vandag skryf ek ‘n brief uit die hart uit.
Ons trek by dag 77 en nie net is dié my gelukkigste dag nie, maar ook my emosioneelste dag.
As mens so lank deel was van hospitale en dokters dan word dit deel van ‘n ander wêreld en mens begin aanpas daarby. En wanneer mens dit verlaat, kan mens nie help om so bietjie hartseer te voel nie.

Ons dogter is uiteindelik by die huis en sy hoef nie terug te gaan rehab toe nie. Alhoewel dit nie die einde van fisio en dokters gaan wees nie, kan ons haar darem elke dag in ons eie huisie hê en oppas en beskerm, maar grotendeels liefde gee.

Hierdie is nie ‘n totsiens nie maar wel ‘n dankie aan elke persoon wat saam met ons die pad gestap het. Ons het amazing vriende, familie en werkskollegas en ons sal julle nooit vergeet nie.

Mense vra hoe het ons tot hier gekom, en daar is nie antwoorde nie. Mens is in ‘n survival mode en moet eerlik sê dit voel of ons nou die maskers kan afhaal en begin normaal wees.
Ons waardeer elkeen en ons sê dankie, dankie, dankie vir al die gebede en ondersteuning.

* Net vinnig: die pad vorentoe lyk soos volg. Sy gaan oor 2 weke weer ‘n opvolg hê. 1 Aug gaan die dokters begin met die opsie van Rekonstruksie van haar maagwand.  Sy gaan vir 6 weke van nou af weeklikse fisio apart kry.

This is the day that the Lord has made, I will rejoice and be glad in it.

Mamma Nicola.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button