
Die Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) is tans besig met ‘n ondersoek nadat ‘n hond gister (3 Junie) omstreeks 12:30 in Kockstraat met ‘n windbuks geskiet is.
Volgens Darren Kruger, voorsitter van PAWS, is die eienaars van die hond baie ontsteld oor wat gebeur het.
“Dit is ‘n baie hartseer situasie,” het hy gesê.
Kruger het inwoners gevra wat moontlik inligting oor die voorval het om PAWS by (018) 294 3865 te skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



