NewsNews

VIDEO: EFF-studente by PUK weier dat Afrikaans tydens debat gepraat word

Dié debat het Dinsdag (16 Julie) plaasgevind.

 

Volgens Michal Groenewald, Vryheidsfront plus leier in die Noordwes, gaan die VF Plus gaan formele klagte indien teen die optrede van die EFF-studente en teen die organiseerders van ʼn studente-debat by die NWU se Potchefstroom-kampus.

Dié debat het Dinsdag (16 Julie) plaasgevind.

“me. Gené Otto, wat names die VF Plus opgetree het, het deurgeloop onder oproerige EFF-studente wat geweier het dat sy Afrikaans praat. Die besprekingspunt van die debat was die kultuur van studente by die PUK. Die organiseerders van die debat het vooraf laat weet dat enige taal tydens die debat gebruik kan word. Otto het nogtans in ʼn gebaar van uitreiking eers in Tswana begin praat, daarna in Engels en toe in Afrikaans,” het Groenweald gesê.

In die video kan gesien word hoe studente van die EFF hewig beswaar maak teen haar gebruik van Afrikaans. Daar kan gehoor word dat die voorsitter van die debat, vir Otto vra om in die gees van inklusiwiteit liewer Engels te praat.

“Sprekers van Afrikaans mag nie toelaat dat hulle geboelie of gedreig word om nie hul taal te praat nie, en die VF Plus sal die voortou neem in hierdie stryd. Die optrede van die organiseerders van die debat is ook onaanvaarbaar. Die universiteit se Potchefstroom-kampus is tweetalig en dit is onaanvaarbaar dat die universiteit hom deur oproerige EFF-studente laat voorskryf,” het Groenewald gesê.

 

Lees meer oor dié debat in die Potchefstroom Herald (18 Julie uitgawe)

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button