News

Gee aandag aan dorp se drinkwater, maan AfriForum

Die swak gehalte van Parys se drinkwater het AfriForum Maandag genoop om ’n dringende skrywe aan die Ngwathe munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, te rig. Dít volg na verskeie inwoners gekla het dat hulle gebottelde water moet koop weens die toestand van Parys se drinkwater. AfriForum sê hy gaan ook die moontlikheid ondersoek dat die …

Die swak gehalte van Parys se drinkwater het AfriForum Maandag genoop om ’n dringende skrywe aan die Ngwathe munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, te rig. Dít volg na verskeie inwoners gekla het dat hulle gebottelde water moet koop weens die toestand van Parys se drinkwater.
AfriForum sê hy gaan ook die moontlikheid ondersoek dat die water nie geskik is vir bad- of stortdoeleindes nie, aangesien inwoners gesondheidskwessies aangemeld het wat moontlik met die kraanwater verband kan hou.
“Ons dring aan dat die munisipaliteit binne 48 uur aan die probleem aandag gee. Indien dit nie gebeur nie, sal AfriForum regstappe oorweeg om die munisipaliteit tot aksie te dwing – dit is hul plig om te sorg dat inwoners toegang tot veilige drinkwater het,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.
Sy het inwoners in die skrywe aangeraai om nie die kraanwater te drink voor dit gesuiwer of ten minste gekook is nie.
In ‘n boodskap wat Gazette vandeesweek ontvang het oor die kleur en reuk van die dorp se drinkwater, asook die knaende droë krane, sê ‘n matrikulant dat die Ngwathe munisipaliteit sy inwoners gefaal het.
Sy sê dat gereelde wateronderbrekings sonder kennisgewing veroorsaak dat opgaartenks leeg word, en dat pleks van om haar volle aandag aan die matriekeksamen te kan gee, daar ver ente geloop moet word om water te kry.
In die boodskap sê sy ook dat van Sisulu, Letshaba, Mota en Ramailane se inwoners, soos baie ander dele van Parys gereeld sonder water sit.
Die kantoor van die munisipale bestuurder het by navraag via sy kommunikasiewoordvoerder, mnr. Steve Naale, ontvangs van die brief aan Gazette bevestig, en gesê dat dit verwys word na die munisipaliteit se tegniese bestuurder, mnr. Thobela.

Die munisipaliteit het ook sy waardering uitgespreek teenoor organisasies soos AfriForum en die rol wat hulle vervul.  ‘n Opvolgberig oor die drinkwaterkwessie sal in volgende week se Gazette geplaas word na aanleiding van ‘n gesprek met die munisipale bestuur.

Intussen word drinkwater toetse daagliks deur die munisipaliteit gedoen en het die munisipaliteit verduidelik dat die erge bruin kleur van die water tans te wyse is aan die watervoorsieningstelsel wat tans gespoel word  juis omdat opgaardamvlakke weens hoë gebruik so gedaal het dat dit noodsaaklik geword het om die stelsel te spoel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button