NewsNews

“Bid asseblief vir ons Ma”

"By God is niks onmoontlik nie."

“Bid asseblief vir ons Ma, sy het elke gebed nodig.”
Só het familie van die 63-jarige Kobie van der Merwe die naweek gevra nadat sy Saterdagoggend baie ernstig in ‘n motorongeluk beseer is.


Sy was onderweg na haar sussie, Elbe Ferreira, in Parys, toe haar motor die pad verlaat het. Elbe is bestuurder by die Najaarsrus Tehuis vir Bejaardes.
Kobie was Vrydagaand nog aan diens as verpleegkundige by die Neo Natale eenheid by Vereeniging Medi Clinic. Sy het na haar terugkeer van Saodi Arabië waar sy vir jare verpleeg het, gereeld by verskeie Medi Clinic hospitale afgelos as verpleegkundige.
Kobie word vandag van die Emfuleni-hospitaal in Vanderbijlpark oorgeplaas na Cormed waar sy geopereer sal word sodat dokters kan probeer om die drukking op haar spinale koord te verlig. Sy is sedert die ongeluk verlam.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button