News

Boomstraat kry vroeg Maart sy kleurbaadjie

Boomstraat kry vroeg Maart sy kleurbaadjie

Na verlede week se milde reën en met dié naweek se Blikkiesfees, moet daar eers halt geroep word met die verfplanne vir die betonmuur van die Mimosa Tuine in Boomstraat.
Omdat die muur té nat was, kon die onderlaag nie verlede week klaar geverf word nie, en was sonskyndae nodig om die muur behoorlik droog te kry.
Die verfblikke en kwaste sal egter wel op Saterdag, 7 Maart nader getrek word om dié seer oog weer nuwe lewe te gee.
Daar is reeds die afgelope twee weke baie hard gewerk om hier skoon te maak, bome te snoei, die muur te herstel en skoon te skrop. Dankie aan elke gewillige hand en elkeen wat reeds bygedra het op watter manier ook al om ‘n verskil te maak en die omgewing netjieser te kry.
Of jy nou wil verf, wil bydra, wil kom kyk na die vordering, of sommer net op enige manier jou ondersteuning wil kom wys – jy is welkom.
Die projek is ‘n inisiatief van kunstenaar Deon TerBlanche wat ook verantwoordelik was vir die #ImStayingParys inisiatief.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button