News

Inwoners maak self reg en netjies

Inwoners maak self reg en netjies

Die afgelope week het inwoners in verskeie dele van die dorp ingespring om self reg te maak en netjies te maak.


Inwoners van Heapstraat het verlede week gras gesny en rommel verwyder in die parkgedeelte by die ingang van die dorp vanaf Sasolburg-kant tussen die R59 en Heapstraat, en is daar selfs geld ingesamel om hier slaggate te herstel.
Ook op die rivieroewer langs Grewarlaan help inwoners om hier die omgewing netjies te hou, en is selfs die houtpaaltjies geverf.

Die Rotariërs is ook steeds besig om slaggate in die dorp te herstel. Hulle het die afgelope week onder meer by die Checkers-sentrum gewerk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button