
Die strate van Parys was sedert Maandag selfs nog besiger as ‘n gewone einde van die maand voor Covid-19. Nie net was een van die groot redes die uitbetalings van Sassa-toelaes vandeesweek nie, maar ook die feit dat besighede nou toegangsbeheer moet toepas met net ‘n beperkte aantal kliënte wat in winkels mag wees.
Rye en rye mense het oral op sypaadjies by klerewinkels, kruidenierswinekels en banke gestaan en sommige laatslapers wat agterin die tou beland het, het later omgedraai om more weer te probeer
Sosiale afstand tussen mense is beslis nie oral gesien nie. En moenie glo nie – die maskers pla. Oral kon jy mense sien vroetel aan maskers, of het dit aan een oor of onder die ken gehang.
Die les om te leer – as jy nou wou gaan wintersklere koop, sal jy dalk ‘n dag se verlof moet insit, want die uitstappie kan jou ‘n paar uur neem.