News

Motoriste jaag op padblokkades af

Wetstoepassers vrees vir hul lewe.

Daar is sedert Maart met die afkondiging van die nasionale staat van inperking steeds daagliks padblokkades onder meer op die N1 omdat provinsiegrense steeds gesluit is. 

Maar wetstoepassers sê hulle vrees vir hul lewens met motoriste wat op die padblokkades afjaag en hul min steur aan die spoedbeperkings of padtekens. Hiervan getuig die talle remmerke op die pad voor die padblokkade. 

Asseblief wees op die uitkyk vir polisielede en beamptes wat die padblokkades beman en besig is met die uitvoering van hul pligte. 

Jy moet spoed verminder wanneer jy die padblokkade nader en gehoor gee aan die padtekens. 

Dankie aan LGV wat ‘n tent en rubberstroke vir die polisie vir die padblokkade beskikbaar gestel het asook WynnWith wat gehelp het met ‘n waterkar vir beamptes wat hier diens doen. Dit word opreg waardeer.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button