
Ten spyte van n staking van werknemers van die Engen Kroonvaal 1 Stop noord en suid vulstasies langs die N1, word dienslewering by beide die vulstasies nie tans geraak nie.
Die werknemers het vanoggend, Vrydag 24 April, oor n arbeidsgeskil begin staak. Motoriste kan brandstof hier ingooi en van die geriefswinkels se dienste gebruik maak, is gesê. Die polisie het sedert vanoggend n wakende oog by die opritte na beide vulstasies gehou waar die werknemers wat aan die staking deelneem, bymekaar was.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



