Kabeldiefstal rede vir kragloosheid
Oorhoofste kabeldiefstal in die middedorp van Parys is vanoggend die rede waarom dele van die sakekern en onmiddellike omgewing van waar die kabel gesteel is, sonder krag is. Herstelwerk word reeds gedoen en die kragtoevoer sal vanoggend nog herstel word. Die munisipaliteit het die afgelope paar weke erg deurgeloop onder oorhoofse …

Oorhoofste kabeldiefstal in die middedorp van Parys is vanoggend die rede waarom dele van die sakekern en onmiddellike omgewing van waar die kabel gesteel is, sonder krag is.
Herstelwerk word reeds gedoen en die kragtoevoer sal vanoggend nog herstel word.
Die munisipaliteit het die afgelope paar weke erg deurgeloop onder oorhoofse kabeldiefstal en die vandalisme van mini-substasies in die dorp en nywerheidsgebied. Skade wat derduisende beloop.
Twee mini-substasies is verlede week in die nywerheidsgebied van Parys gesaboteer. Dit volg nadat ‘n mini-substasie in Vierdelaan, en ook in Oudewerfpark vroeër vandeesweek en einde Julie onder vandale deurgeloop het.
Die sabotasie van die mini-substasies kos die Ngwathe munisipaliteit derduisende, en is daar naas die voorvalle ook gereelde diefstal van oorhoofse elektriese kabels. Verlede week is oorhoofse elektriese kabel in Lodie Spieslaan gesteel.
Danksy flinke optrede is twee persone vanoggend in hegtenis geneem vir kabeldiefstal.




