

’n Totaal van 83 eenhede bloed van 91 skenkers is ingesamel met die #donor10-veldtog wat op Dinsdag 14 September deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens in Parys gehou is. Die bloeddiens sê dankie aan alle bloedskenkers en die Parys-gemeenskap wat die projek en bloedskenkingsveldtogte getrou ondersteun.
Die Bloeddiens ervaar tans steeds ‘n kritieke bloedtekort, en nooi daarom die gemeenskap van Parys uit om bloed te skenk op die volgende datums:
Saterdag 25 September – AGS Schonkenville vanaf 10:00 – 15:00
Saterdag 25 September – Checkers Parys vanaf 10:00 – 15:00.
Donderdag, 30 September – Hervormde Kerksaal, H/V Loop en Paulsentstraat, Parys, vanaf 12:00 – 18:00.
Die Bloeddiens doen ook ’n beroep op alle skenkers wat nie in die afgelope paar maande geskenk het nie, om asseblief die tyd te neem om bloed te skenk, asook op nuwe skenkers en die jeug, wat aan die minimum vereistes voldoen om ’n bloedskenker te word.
Die minimum vereistes vir bloedskenkers is:
• Tussen die ouderdom van 16 en 75
• Weeg 50kg of meer
• Geniet goeie gesondheid
• Lei ʼn veilige leefstyl
Jou bloed red lewens.




