
“Scary!”
Dis hoe motoriste wat oor die laagwaterbrug oor die Vaalrivier na die ingang van die Parys Golf & Country Estate gery het vandag, die rit beskryf met die Vaal se kolkende massa wat raak-raak aan die brug se kante.
En sonder reëlings langs die kante van die brug moet jy maar jou oë op die pad hou.
Onthou jy nog die dae van die ou Doppiesdrift laagwaterbrug wanneer die rivier in vloed was en vir benoude oomblikke vir enkele motoriste gesorg het wat meegesleur is deur die water op die brug.
N Nuwe hoër brug is daarna oor die ou brug gebou wat toegang na die eiland vergemaklik het selfs wanneer die riviervlak gestyg het. Die ou bruggie kan vandag steeds onder die nuwe brug gesien word maar is nou toe onder die water.



Die foto hieronder waar die ou brug nog net-net gesien kon word is op 27 Desember 2021 geneem. Ons dank aan Annemarie Ferreira vir die foto’s hierbo geplaas.




