News

Twee van Parys onder bestes in die land

Twee van Parys onder bestes in die land

 

‘SA Skole Sport Sterre’ het aan die einde van 2021 die top 10 atlete in die land vir primêre skole aangekondig, en twee van Parys se baan- en veldatlete is met sterstatus bekroon.

Die twee skoliere van Parys Primêre Skool, afgerig deur Chanel Gerber, beklee nou top posisies op die landwye ranglys vir hulle prestasies: Zuan van Riet beklee die eerste posisie op die ranglys vir so.10 met ‘n tyd van 11.22 sekondes in die 70m hekkies.

Wian Pretorius is in die vierde posisie op die ranglys vir so.10 met ‘n tyd van 12.00 sekondes in die 70m hekkies. Beide Zuan en Wian het reeds vroeg in die 2022 atletiekseisoen hulle persoonlike beste tye in hulle onderskeie items verbeter en sien uit na nog ‘n skitterende seisoen op die baan.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button