
Diabetes kan jou visie vernietig as dit nie beheer word nie.
Nuwe diabetiese pasiënte se oë moet met diagnose ondersoek word, en tipe 1 en 2 diabete moet jaarliks daarna ondersoek word.
As ‘n spesiale gemeenskapsdiens word ‘n gratis diabetiese oogsiftingsdag deur oogspesialis dr C.J. Gouws op 13 Mei vanaf 08:00 tot 13:00 in Vanderbijlpark gedoen.

Dit vind plaas by Ocumed-gebou 3, Vaalrylaan 17, Sylviavale, Vanderbijlpark.
Vir meer inligting, skakel gerus (016) 982 4020.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



