News

Werk begin om konsentrasiekampkerkhof te omhein

Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) is 1 124 bejaardes, vroue en kinders in hierdie konsentrasiekamp oorlede.

Sandsteenpale sal Saterdag, 6 Augustus om die Heilbron konsentrasiekampkerkhof geplant word om dié kerkhof te omhein om dit sodoende beter te bewaar.
Dit danksy ‘n skenking van R25 000 van Avbob se hoofkantoor.
Die projek om die konsentrasiekampkerkhof te bewaar sal in fases aangepak word, en sal naas die omheining wat opgesit word, ook gruisklippe gegooi word tussen die grafte, en onkruiddoder gespuit word om die kerkhof skoon te hou.
FAK-lede in samewerking met Die Erfenisstigting en AfriForum het op 4 Junie vanjaar al aan die werk gespring om ‘n einde aan die dam water in dié kerkhof te maak toe dreineringspype hier gelê is.


Die kerkhof het vanjaar vir die soveelste keer oorstroom ná swaar reën in die Heilbron-omgewing geval het.
Onwettige grafte in die Heilbron-begraafplaas veroorsaak dat grondwalle gevorm het, en water nie kon wegvloei nie.
Afgestorwenes wat in die bestaande paadjies in die begraafplaas begrawe is, is ook die rede dat grafte wat mense jare gelede gekoop het, ontoeganklik geword het omdat ‘n lykswa nie naby die grafte kon kom nie.
Die skenking van Avbob het juis gekom toe ‘n geskil tussen die FAK en Avbob vroeër vanjaar vreedsaam opgelos kon word nadat ‘n Avbob-werknemer deur FAK-lede en vrywilligers gesien is toe hy oor die historiese grafte na ‘n nuwer deel van die begraafplaas gery het.
Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) is 1 124 bejaardes, vroue en kinders in hierdie konsentrasiekamp oorlede.
Die konsentrasiekampkerkhof is in die middel van die begraafplaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button