News
Kleuters reik uit na Epilepsie-sentrum se inwoners
Die sentrum met sy 63 inwoners waardeer enige skenkings wat ontvang word

Kleuters van Bumble Tots Montessori het uitgereik na die Epilepsie SA-sentrum in Parys met badbederf en toiletware wat vir die sentrum se inwoners ingesamel is.
Die sentrum met sy 63 inwoners waardeer enige skenkings wat ontvang word, en is daar veral ook ‘n behoefte aan kantgordyne, badmatjies of enige beddegoed waarvoor jy dalk nie meer nut het nie.
Die woonstelle op die perseel waar die inwoners bly, is vir baie van hierdie inwoners hul enigste huis en tuiste, en daarom probeer personeel om dit vir hulle so mooi as moontlik te maak.
Jy is welkom om enige skenkings by die sentrum in Boomstraat af te laai.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



