News

Die legende wat die stories van SA vertel het, sonder om een word te gebruik

    Paul Alberts is een van ons land se mees bekende fotograwe en 12 jaar na sy dood, in 2010, het sy vrou Charmaine ’n versameling van honderde foto’s aan die Erfenisstigting (ES) geskenk.   Alberts het later jare beroemdheid verwerf toe hy verskeie bekende foto’s van die Anglo-Boereoorlog verwerk het. Hierdie foto’s is …

 

 

Paul Alberts is een van ons land se mees bekende fotograwe en 12 jaar na sy dood, in 2010, het sy vrou Charmaine ’n versameling van honderde foto’s aan die Erfenisstigting (ES) geskenk.

 

Alberts het later jare beroemdheid verwerf toe hy verskeie bekende foto’s van die Anglo-Boereoorlog verwerk het. Hierdie foto’s is in verskeie boeke gepubliseer onder meer in Gebroke Land en Armoede in die Afrikaanse gemeenskap sedert 1902.

 Verskeie fotografieboeke van sy werke is ook gepubliseer, onder meer, Die Klein Karoo: ’n Legkaart, In Camera: Portraits of South African Artists, wat deur André P Brink geskryf is, Children of the Flats, wat gepubliseer is ter herdenking van die Verenigde Nasies se jaar van die kind in 1980.

Die reeks oorspronklike foto’s is aan die ES geskenk wat nou vir veilige bewaring in die argief behoue sal bly.

’n Reeks van die foto’s sal ook binnekort by Fort Schanskop by die Voortrekkermonument uitgestal word om by te dra tot die uitstallings van die Anglo-Boereoorlog.

Verder is ’n hele reeks van sy digitale foto’s ook aan die ES geskenk wat in die argief geberg sal word vir navorsingsdoeleindes.

Alberts is as jong man by die gesogte Magnum Photographs, ’n fotografiemaatskappy wat in 1947 in Frankryk gestig is, ingeneem.

Een van Suid-Afrika se fotografie-ikone David Goldblatt, en een van Alberts se boesemvriende, is self nie eers as lid van Magnum Photographs ingehuldig nie.

As 19-jarige man het Alberts na Frankryk gereis waar hy vir Breyten Breytenbach opgespoor het, want hy wou hom graag ontmoet, vertel sy vrou Charmaine.

“Hy het hom opgespoor, aan sy deur gaan klop waar hy in Frankryk gebly het, en hom self voorgestel. Paul en Breyten het toe goeie vriende geword en Paul het toe sommer by Breyten-hulle gebly tot hy die brief gekry het dat hy opgeroep word vir diensplig in die weermag.

“Paul wou natuurlik nie gaan nie, maar Breyten het hom omgepraat om terug te kom, want anders gaan hy groot moeilikheid kry,” sê Charmaine.

Alberts was goed bevriend met ikone in die Afrikaner- en Suid-Afrikaanse literatuur en geskiedenis, soos Karel Schoeman, Breytenbach en Adam Small net om ’n paar te noem.

“My man was seker die enigste persoon in Suid-Afrika se geskiedenis wat deur die veiligheidspolisie ondersoek is vir linkse asook regse aktiwiteite.

“Ek dink hy is die enigste fotograaf te wêreld wat bekendheid verwerf het deur ander foto’s (Anglo-Boereoorlog) te verbeter.

“Hy was werklik een van sy soort,” sê Charmaine.

Die foto’s van Charmaine is juis in swart en wit geneem, wat haar man Paul se styl van fotografie was.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button