
Die akteur Eric Nobbs is vanmiddag, Sondag 23 Oktober, oorlede.
Van die vele verhoog- en TV-rolle waarvoor hy oor jare voor bekendheid verwerf het, tel ook die meer onlangse rolle wat hy vertolk het in die bekende Die Byl, Lui maar op Belinda, Moordenaars Karoo en Vlug na Egipte.
Sy dood volg nadat daar die afgelope week ook van nog een van SA se liefling akteurs, Franci Swanepoel, afskeid geneem is. Swanepoel is in die ouderdom van 50 jaar in haar slaap oorlede.
Meer besonderhede oor Eric Nobbs se se dood was nie ten tyde van die skryf van hierdie berig bekend nie.
Ons innige medelye met sy familie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.