Local Election News

Munisipale verkiesing in Ngwathe: Hier is die partye vir wie jy kan stem

In die Ngwathe Munisipale gebied het kiesers 'n keuse uit 16 partye waarvoor gestem kan word in die komende munispale verkiesing.

Geregistreerde kiesers sal op 4 November stem in die landwye munisipale verkiesing. Stemdag is amptelik as ‘n publieke vakansiedag verklaar.

Hier is die lys van partye wat op die stembriewe vir Ngwathe sal verskyn:

  • Aaron
  • AACUM (Active African Christians United Movement)
  • ACT (African Congress for Transformation)
  • ANC (African National Congress)
  • APC (African People’s Convention)
  • ATM (African Transformation Movement)
  • AMM (Afrika Mayibuye Movement)
  • CMPC (Civic Movement for Progressive Citizen)
  • DA (Democratic Alliance)
  • EFF (Economic Freedom Fighters)
  • FDCM (Fezile Dabi Civic Movement)
  • PAC (Pan Africanist Congress of Azania)
  • PA (Patriotic Allliance)
  • SACP (South African Communist Party)
  • UDF (United Development Forum)
  • VF+ (Vryheidsfront Plus)

Spesiale stemme

Spssiale stemme vir die munispiale verkiesing vind plaas op 2 en 3 November en sluit in bejaardes, gestremdes of mense wie nie op stemdag by die stemlokale kan wees waar hul geregistreer is weens werksverpligtinge.

Slegs mense wie vooraf aansoek gedoen het vir spesiale stemme, en wie se aansoeke aanvaar is, sal op hierdie dae kan stem.

Vir die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit is 2048 aansoeke vir spesiale stem tuisbesoeke goedgekeur, terwyl 4 3 97 aansoeke vir spesiale stemme by stemlokale in Ngwathe goedgekeur is. Dit gee ‘n totaal van 6 445 spesiale stemme in die hele Ngwathe Munisipale gebied.

Jy kan vooraf seker maak waar jou stemlokaal is by www.elections.org.za/pw/Voter/Voter-information

Onthou wanneer jy na die stemlokaal gaan het jy slegs jou ID-dokument, slim ID kaart, of geldelige tydelike identifikasie sertifikaat nodig. Jy sal slegs kan stem as jy geregistreer het as kieser, 18 jaar en ouer is, en ‘n Suid-Afrikaanse burger is.

Illustrasiefoto verskaf deur die OVK
Illustrasiefoto verskaf deur die OVK
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button