
Die foto van die Vaalrivier is in Grewarlaan, Parys, geneem en kan duidelik gesien word hoeveel die watervlak gestyg het sedert daar Sondagoggend 13 November begin is om sluise oop te trek by Vaaldam.
Die eerste foto is Sondag om 11:24 geneem, en die tweede vanoggend foto, Maandag 14 November om 05:55.


Teen Sondagmiddag was daar reeds 8 sluise oop by Vaaldam en het wydververspreide reën ook bygedra tot riviere en spruite wat sterk loop.
Vaaldam was Sondag reeds 105,8% vol.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



