News

Deurbraak: Drie gevang vir grafskending

Arrestasie na skandelike grafskending

In n spanpoging tussen die polisie, die gemeenskap en boere van Vredefort is drie minderjarige seuns tussen 12 en 14 jaar deur die polisie in Vredefort gearresteer vir die grootskaalse skending van grafte in die Vredefort begraafplaas.

Die seuns sal volgende week voor die hof verskyn.

Die arrestasie is gemaak nadat kameras opgesit is in die begraafplaas en die verdagtes op heterdaad betrap is.

Daar is sedert begin September  meerderheid van die grafstene in veral die nuwe deel van die begraafplaas maar ook die ouer deel van die begraafplaas omgegooi en gebreek. N Daad wat nie net skade van duisende aangerig het nie, maar geweldige emosionele pyn vir families veroorsaak het wat n tweede keer gebroke voor n graf moes staan

Familielede het die afgelope maand verslae na geliefdes se grafte gesoek met die groot aantal gebreekte grafstene wat dit n bykans onbegonne taak gemaak het om grafte te kon opspoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button