Local newsNews

Gholfspelers slaan die bal vir ‘n mooier Parys

Mense wat betrokke wil raak by MooiParys kan 'n WhatsApp na Braam stuur by 072 779 4079, of Paul by 084 818 3123, of gebruik die volgende bankbesonderhede om 'n bydrae vir MooiParys te maak: MooiParys, Absa, takkode: 005920, rekeningnommer: 410 5545 894.

Sestig gholfspelers het Vrydag afgeslaan vir ‘n gholfdag ten bate van MooiParys. Sakelui en die gemeenskap het hul harte oopgemaak vir dié nie-wingewende organisasie se vrywilligers wat week na week die dorp skoonmaak en verfraai met oorweldigende steun vir die dag.

MooiParys het sy ontstaan in 2020 gehad, en vir meer as vier jaar word die dorp se strate en parkareas deurlopend skoongemaak, sypaadjies en ingange van die dorp verfraai, en die strate en sypaadjies waar en wanneer moontlik herstel met die hulp van borge en die publiek wat dié organisasie ondersteun.

Hierdie bydraes het in die verlede selfs gehelp om die dorp se begraafplaas te kon skoonmaak. Die weeklikse skoonmaak aksies gaan nie ongesiens verby nie. Oor die jare was daar vele komplimente van besoekers wat raaksien hoe skoon die dorp is. Vandeesweek het die fondse wat met die gholfdag ingesamel is, gehelp om te kon skoonmaak by die onnet area oorkant die Rivershed-sentrum langs Parys se hoofstraat.

 

Gholfspelers en die gemeenskap van Parys het hul harte en beursie oopgemaak vir die nie-winsgewende organisasie MooiParys.

Tammy Schoeman en Cherene van Niekerk wat as vrywilligers gehelp het om die gholfdag moontlik te kon maak By hulle is MooiParys se Braam Cilliers.

“Al die geld wat ons van donateurs kry gaan vir brandstof vir die grassnyers, en lone vir arbeiders wat help skoonmaak en grassny,” sê MooiParys se Braam Cilliers.
Met die ekonomie wat knyp het bydraes van borge egter drasties afgeneem sedert 2024. Sonder geldelike ondersteuning raak die taak om weekliks skoon te maak by die dag moeiliker.
Die werk wat MooiParys doen is nie net tot voordeel van die sakegemeenskap van Parys wat baat by toerisme nie, maar ook vir inwoners wat ‘n skoon dorp kan geniet.

Mense wat betrokke wil raak by MooiParys kan ‘n WhatsApp na Braam stuur by 072 779 4079, of Paul by 084 818 3123, of gebruik die volgende bankbesonderhede om ‘n bydrae vir MooiParys te maak: MooiParys, Absa, takkode: 005920, rekeningnommer: 410 5545 894.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button