
Maak jou maar reg vir nog ysige temperature later in die week wanneer n koue front van Woensdag tot Vrydag oor die suidwestelike dele van die land sal inbeweeg.
Gautengers gaan bibber met temperature van onder vriespunt, terwyl die noordelike provinsies ook aansienlik kouer temperature sal voel.
Parysenaars sal Vrydag ‘n ysige maksimum temperatuur van 12 grade Celsius hê en Saterdag styg die kwik vir dié dorp net tot 16 grade Celsius. Beide dae het minus minimum temperature.
Sterk wind word ook vir Donderdag voorspel.
Vir Wes- en Oos-Kapenaars is swaar reën voorspel en is daar ook die moontlikheid van sneeu in die Wes-Kaap en selfs dele van die suidwestelike binneland.



