Local newsNews

Kom kyk sterre in die Koepel!

Omdat ligbesoedeling in die Vredefort Koepel so min is, is sterrekyk hier 'n besondere belewenis.

Die sterrekykuitstappies wat met nuwemaan elke wintermaand by Deelfontein se sterrewag in die Vredefort Koepel aangebied word, is al vir jare ´n hoogtepunt op die koepelkalender. Die volgende
geleentheid vind Saterdag 26 Julie plaas, gelei deur Frik le Roux van die Pretoria-
tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika.

Kom trotseer die koue met ´n koppie sop en ´n warm mussie en geniet die donker naghemel van die Koepel. Belangstellendes kan reeds vanaf 17:00  Deelfontein se gasvryheid kom beleef.

Om 17:30 word warm verversings aangebied en daarna begin die sterrekyk met ´n aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag. Kinders is baie welkom en kan (tot sestienjarige ouderdom) verniet bywoon.

Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein
Guest Farm op Google Maps. Vir navrae en vooraf besprekingswhatsapp na 083 280 9784 of per
epos by gerhard@deelfontein.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button