Local newsNews
Dominic praat sy pad oop tot by nasionale uitdun
Slegs die beste twee deelnemers by die provinsiale uitdun het deurgedring na die nasionale uitdun.
Dominic Powell het na afloop van die Vrystaat-uitdun van die ATKV redenaarskompetisie met ‘n skitterende tweede plek weggestap uit 31 deelnemers.
Daarmee het hy deurgedring na die nasionale uitdunrondte wat môre by Goudini Spa in Rawsonville in die Kaap gehou word.
Dominic se tema is Beweeg, en is die onderwerp van sy toespraak, Beweging is die woema vir sukses.
Hy is ‘n leerder van Primêre skool Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


