Local newsNews
WOW-prestasie vir dié leerders se spelvernuf
‘n Spelwoord pootjie nie sommer dié woordfiks leerders van Primêre Skool Parys wat Vrydag aan die Vrystaat-ronde van die Sanlam WOW Spelfees in Bloemfontein sal deelneem nie. Die leerders het reeds op 14 Augustus in Kroonstad aan die distriksronde deelgeneem waar hul deurgedring het na die provinsiale uitdun. Die leerders wat Vrydag in Bloemfontein sal …
‘n Spelwoord pootjie nie sommer dié woordfiks leerders van Primêre Skool Parys wat Vrydag aan die Vrystaat-ronde van die Sanlam WOW Spelfees in Bloemfontein sal deelneem nie.
Die leerders het reeds op 14 Augustus in Kroonstad aan die distriksronde deelgeneem waar hul deurgedring het na die provinsiale uitdun.
Die leerders wat Vrydag in Bloemfontein sal wees vir die spelfees is Layla van Riet, Marli Fourie, Janco Ferreira, Lucy Botha, Megan Smit, Rohan Williams, Anakin Powell, Dominic Brits, Karla Haggard, Chrishana Spunges, Charlene Venter en Reuben de Jager.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



