Local newsNews

R35 000 prysgeld op die spel vir bielie pampoen

Henri Combrink, organiseerder van die Pampoenfees, sê dié fees bied meer as net vermaak. “Dit skep ook ’n platform om die publiek bewus te maak van die uitdagings waarmee boere in die landbou daagliks te kampe het.

Die 2026 Goiat van Gat Pampoenfees sal op 14 Maart by die Lavender Kontrei Mark in Wonderboom gehou word. Die fees word die afgelope 22 jaar georganiseer deur Cullinan Boere-unie (TLU SA). Deelnemers is reeds hard aan die werk om ‘n kans te staan vir die R35 000 prys geborg deur Laeveld Agrochem vir ’n 1-ton pampoen. Benewens hierdie groot prys, is daar ook verskeie ander kategorieë, waaronder die opwindende nuwe kompetisie vir jong, opkomende kwekers onder 16 jaar. Cornelis Bester, wenner van die afgelope twee jaar, het hom daartoe verbind om hierdie jong deelnemers deur die seisoen te ondersteun met raad en mentorskap.

Soos altyd wag daar by die 2026 fees pret vir die hele gesin, van kinderspeletjies en musiek tot stalletjies en die gewilde kompetisie met reusepampoene..

Bielie-pampoene sal weer in Maart beoordeel word vir die Goliat van Gat pampoenfees.

Die pampoenpitspoeg en die pampoenresies is van die groot hoogtepunte en sorg elke jaar vir baie vermaak. Daarbenewens is daar die pampoengeregkompetisie, waar belangstellendes hul gunsteling pampoengeregte kan inskryf. Steyn’s Culinary School tree as borg en beoordelaar op.

Ingeweegde pampoene by die pampoenfees word geskenk aan welsynsorganisasies vir verspreiding onder hulle in nood.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button