Local newsNews
Gekaapte vragmotor gekry danksy flinke polisie-optrede
Die arrestasie is gemaak danksy flinke optrede van polisielede.
’n 33-Jarige man is op 28 Desember in Sasolburg in hegtenis geneem vir die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig nadat hoofwegpatrollielede van Fezile Dabi, inligting opgevolg het oor ‘n vragmotor wat op 27 Desember vermoedelik in Germiston gekaap is.
Die man sal in die Sasolburgse landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig, het sersant Josephine Rani gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



