Local newsNews
Personeellede se spruite onder graad een groentjies
Vir dié personeel was hul eerste dag van die 2026-skooljaar ekstra spesiaal met hul kinders wat ook hul eerste skooldag as graadeens gehad het.
Primêre Skool Parys het vanjaar ‘n hele paar van sy personeel, onder wie twee graadeen-juffrouens, wie se kinders vir die eerste keer skool toe is.
Mnr. Altus en juffrou Carien Heunis se dogtertjie, Nina, is vanjaar in graad een. So ook mnr. Stefan en juffrou Realdi Terblanche (graadeen-juffrou) wie se dogtertjie, Clara, vanjaar vir die eerste keer op die skoolbanke is.
Klein Lika de Jager was baie opgewonde om Woensdag haar skooltassie te kon pak, en was die klaskamer geen onbekende plek vir haar met Mamma Charné wat ook ‘n graadeen-juffrou is.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



